GRAAFF-REINET NUUS — Woensdag, 21 Maart, Menseregtedag, het #karroochallenge hul eerste suksesvolle veldwedloop aangebied.
Hardlopers het om 07:15 die oggend weggespring vanaf die SA College for Tourism (Panoramabult) en 'n tawwe roete deur die veld en deur die Sondagsrivier aangepak.
Sewe rowwe kilometer verder het die hardlopers die wedloop voltooi by Hoër Volkskool se terrein.
Die eerste man wat klaar gemaak het, was Eric Foendien met 'n baie goeie tyd van 30:45, Alfred Molotana was in die tweede plek met 'n tyd van 33:15.
JP Minnie het derde geëindig met 'n tyd van 35:05.
Die eerste vrou wat klaar gemaak het was Alicia Cawood, met ook 'n baie goeie tyd van 37:07, terwyl Sumene Jordaan en Marolene Botha onderskeidelik tweede en derde plekke behaal het met tye van 42:47 en 42:49.
Daar was gemengde gevoelens oor die roete deur verskillende deelnemers. Vir party was dit bietjie moeiliker as vir ander, terwyl 'n paar genoem het dat dit 'n baie lekker en uitdagende roete was.
Hou #karroochallenge dop vir nog opwindende uitdagings van alle soorte in die Karoo.
Van die deelnemers wat met trots die 7km-veldwedloop voltooi het: (agter) Laine-Miri Coetzee, Marilise Deysel, (voor) Louise Kleynhans, Louise van Rooyen, Jacqui Jansen, Mariette de Goede en Elne Vermeulen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'