SPORTNUUS - Feesgangers en inwoners wat die Stoep Tasting Wine Weekend bygewoon het, het Saterdag 27 Mei hul komplimentêre wynglas neergesit en hul tekkies nadergetrek.
Deelnemers het om 08:00 begin om die 5 km van die gewilde Mountain Drive-parkrun af te lê.
Die wenner was die jong atleet, Jarrod Gerber.
Inwoners word aangemoedig om Saterdae aan hierdie sosiale geleentheid deel te neem.
Top 5
- Jarrod Charl Gerber
- Miles Hollins
- Anché Hollins
- Lappies Labuschagne
- Francois Grobbelaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’