Update
CRADOCK NUUS - JF Burger, 'n 27-jarige terapeutiese ruiter, het Saterdag 22 Oktober weer as Terapeutiese Klas Ruiter van 2022 tydens Cradock-landbouskou, as wenner uit die ring gery.
Burger, 'n boorling van Hofmeyr, waar sy ouers Kobus en Thaleen Burger boer, word afgerig deur Lizette Jordaan en kry ook op gereelde basis terapie by sy suster, Adri Burger, 'n geregistreerde fisioterapeut wat spesialiseer in hipoterapie.
Hy ry met Trompie, (Smallies Bobby), uit JF se Joy for Grace-stalle in Hofmeyr.JF sing graag, You raise me up uit volle bors wanneer hy die skouring binne ry en weer na sy vertoning.
Hy word tydens sy vertoning bygestaan deur sy afrigter, Lizette Jordaan, asook sy versorger, Philemon Banda. Die hulpmiddels wat tydens sy deelname gebruik word, word deur Shady Lady, gelei en deur Sighone Frost, vervoer.
Hy en Thaleen, sy ma, vertel dat hul droom is om Joy for Grace-stalle te laat groei.
"My toekomsdroom is om Joy for Grace-stalle te laat groei tot waar ander gestremdes my perde, afrigter en hipoterapie fisio met my kan deel en self ook hul postuur en liggame kan ontwikkel tot beter funksionaliteit."
Burger het op sesjarige ouderdom by Zettie Jordaan bietjie gery, maar toe is hy na 'n skool in Gqeberha. In 2005 het hy George Borchards se perd by Uniondale-skou gery.
Sy volgende deelname was by Cradock-skou in 2009. Suzanne Meyer het haar perd bewillig, met drie mense wat hom permanent moes vashou.
"JF het in 2018 vir Smallies Bobby by Rochelle Stander in Middelburg gekoop. Hierdie afgetrede skouperd is sy se trots," deel Thaleen mee. Volgens sy afrigter is Burger 'n vaardige ruiter.
"Hy is vaardig genoeg om self te stuur vir kort stukkies, maar aangesien sy perd 'n afgetrede kampioen is en steeds die opwinding van skares wat handeklap ervaar, is dit bietjie van 'n risiko om hom alleen te laat stuur wanneer sy perd 'warm en opgewonde' voel," sê Jordaan.
JF Burger
JF Burger tydens deelname op die perd wat deur Wyle Suzanne Meyer bewillig was. JF het eers in 2018 vir Trompie aangekoop.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'