SPORTNUUS - Twee van Hoër Volkskool se swemmers het die afgelope naweek aan die Top-8-gala in Gqeberha deelgeneem.
Deelname aan hierdie gala is slegs op uitnodiging en is dit ‘n besonderse prestasie om te kan deelneem.
Hulle het as volg gevaar:
- Lara Vosloo behaal ‘n sesde plek in rugslag asook vryslag in die o. 15-afdeling.
- Anishka Luiters swem ‘n bronsmedalje in rugslag en goue medalje in vryslag los in dogters o. 17-afdeling.
Lara Vosloo
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’