GRAAFF-REINET HOKKIENUUS — Vyf hokkiespelers van Hoër Volkskool is onlangs verkies tot 'n OP-span.
Hulle sal OP verteenwoordig in verskeie interprovinsiale toernooie en streekstoernooie wat tydens die Junie-vakansie sal plaasvind in Oos-Londen en Pietermaritzburg.
Wynand Volschenk, die eerstespan hokkie-afrigter by Hoër Volkskool, is aangewys as die afrigter van die O.14C OP-span.
Die spelers wat verkies is tot die spanne is as volg:
Lynette Itterhagen-Strauss (OP O.18B), Logan Ludick (OP O.16B), Inke van der Merwe (OP O.14C), Marlien Crewe-Brown (OP O.14C) en Marlie van der Merwe (OP O.14C).
Inke is ook gekies as deel van die Griekwa-span wat gaan deelneem aan die Bokkie-week in Kimberley tydens die Junie-vakansie.
Hoër Volkskool is baie trots op hul hokkie-bokkies.
Lynette Itterhagen-Strauss, Logan Ludick, Inke van der Merwe, Marlien Crewe-Brown en Marlie van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'