GRAAFF-REINET NEWS - Die Karoo Hokkieskool bied eersdaags ‘n 1-dag hokkiekliniek in Graaff-Reinet aan.
Die kliniek – wat op gevorderde hokkievaardighede sal fokus – sal deur drie spesialis SA-spelers aangebied word met bystand deur die afrigters van die Karoo Hokkieskool.
Hokkiespelers word genooi om op Saterdag, 16 Februarie, hul hokkievaardighede saam met Jonelke Swanepoel (verdediger), Cornelle Holtzhausen (middelveldspeler) en Tanya Brits (voorspeler) op Union High se Astro-turf te verbeter.
Die kostes beloop R300 per speler.
Skakel vir Ina Botha by 082 822 5311 om in te skryf vir dié kliniek of om meer hieromtrent uit te vind.
Tanya Brits is ‘n aggresiewe doelskieter.
Jonelke Swanepoel is ‘n briljante verdediger.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'