GRAAFF-REINET NUUS — Ina Botha, stigter van die Karoo Hokkieskool in Graaff-Reinet, het onlangs met hokkie as nuwe sportsoort by Spandau Sekondêre Skool begin.
Die fokus van Botha se afrigting val op ontwikkeling van die spelers se vaardighede en selfvertroue.
Botha hoop om dié spelers die geleentheid te bied om hulself te kan uitleef en hul talente te kan ontwikkel in dié sportsoort.
Sy is reeds baie beïndruk deur die spelers se ywer en vermoëns op die hokkieveld en hoop sy om Spandau in hokkie as 'n sport uiters kompeterend te maak.
Indien enige iemand ou hokkietoerusting in hul besit het wat nie meer in gebruik is nie, sal Botha dit baie waardeer indien hul sal oorweeg om dit te skenk ter bevording van hokkie by die Spandau Sekondêre Skool.
Skakel Ina Botha by 082 822 5311 of 049 840 0350 om met haar in verbinding te tree hieromtrent.
Ina Botha (in die middel voor) met die hokkiespelers van die Spandau Sekondêre Skool.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'