KAROO NUUS - Twee roeiers van Hofmeyr, Herman Marais en James Jordaan, het op 4 en 5 November as span aan die Pete Marlin Surfski-wedren deelgeneem.
Die wedren word jaarliks ter nagedagtenis aan Pete Marlin, wat sy lewe op die Umkomaasrivier in 1988 verloor het, gehou.
Hierdie jaar is dié roeiwedren weereens by Oos-Londen, oor twee dae met 'n enkelspeldag en 'n dubbelspeldag aangebied sodat die meerderheid roeiers kon deelneem.
"In 1989 is die klein roeigemeenskap sowel as familie en vriende vanoor die land, deur die tragiese nuus dat Marlin sy lewe verloor het terwyl hy op die Umkomaas geroei het, geskok.
Hierdie tragiese gebeurtenis het die saad gesaai vir 'n wedren ter nagedagtenis aan hom en is georganiseer deur sy mederoeiers - dit het 'n ikoniese gebeurtenis op die surfski-kalender in Suid-Afrika geword," vertel Marais.
Marais sê dat die wind op dag een baie gewaai het, maar dat dit die roei lekker gemaak het.
"Op dag twee het ons as dubbels deelgeneem, en ek en James het reeds baie ervaring om as 'n span saam te roei.
"Die wind was lekker stil en almal het die roeigeleentheid in die see baie geniet."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’