CRADOCK NUUS - Hoërskool Cradock het die afgelope naweek kragte met Hoërskool Hangklip gemeet.
Die o. 19A-netbalspan het stadig begin en ongeforseerde foute in die eerste kwart gemaak. Halftyd was die telling 11 - 6 in Cradock se guns. Met goeie verdediging en aanval in die 4de kwart het die span as die wenners teen Hangklip weggestap.
Tellings vir die netbal was soos volg:
- Cradock o.19A wen 28 - 13
- Cradock o.19B wen 22 - 15
- Cradock o.16A wen 24 - 2
- Cradock o.16B wen 8 - 3
- Cradock o.14A wen 7 - 4
- Cradock o.14B verloor 2 - 5
Die eerste meisieshokkiespan het 2 elk gelykop gespeel.
Cradock se span is voor, van links: Lila Barkhuysen, Bianca Duvenage, Maré de Klerk, Carla Kotze en Shana van Zyl. Agter: Jeanné van den Heever, Nicolene Bosman, Shani Froelich, Kayla Goosen, Irene van der Nest, Shidene Taai (afrigter) Karla Goosen, Alet Botha en Isabel Barkhuysen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'