GRAAFF-REINET NUUS - Bergfietsryers, drawwers en stappers het verlede Saterdag die pad aangedurf na die plaas Waterfall sowat 25 km buite Graaff-Reinet om van hul opgehoopte energie ontslae te raak.
Die organiseerder, Claudie Troskie, sê sy beoog om dit 'n maandelikse instelling te maak sodat atlete die oop vlaktes op die plaas met hul bergfietse of te voet kan aandurf.
'Daar was 'n raps oor die 100 mense wat Saterag opgedaag het.'
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'