SPORTNUUS - Die Merino-posduifklub het hul duiwe eers op Sondagoggend, 27 Augustus, vanaf Calvinia in goeie weer losgelaat en die 460 km is in net minder as 14 uur afgelê.
G en J Heunis-hokke A spog met 'n wen en vier plekke in die ope-afdeling en nog vyf plekke in die Jaaroud afdeling.
David Hampton wen die Jaaroud-afdeling met nog twee plekke in albei die ope- en jaaroud-afdeling. Sarah Hampton wen die Juniors met nog drie plekke op die koop toe.
Die volledige uitslae is as volg:
Calvinia-ope:
- G en J Heunis-hokke A - 1, 6, 8 en 10
- Karoo-hokke - 2
- D Hampton - 3 en 5
- Lategan-hokke A - 4
- G en J Heunis-hokke B - 7
- Lategan-hokke B - 9
Jaaroud-afdeling:
- D Hampton - 1, 5, 9
- G en J Heunis-hokke B - 2, 4 en 7
- G en J Heunis-hokke A - 3 en 6
- Lategan-hokke B - 8
- Karoo-hokke - 10
Junior-afdeling:
- Sarah Hampton - 1, 2, 3 en 8
- Ian Maré - 4, 7 en 9
- Carla Maré - 5 en 10
- Ian Maré se spogduif het vierde geëindig.
Die Merino-posduifklub het se volgende wedvlug vind plaas op Saterdagoggend, 2 September, vanaf Nieuwoudtville.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’