GRAAFF-REINET NUUS — Om deelname in sport aan te moedig, het Laer Volkskool 'n nuwe inisiatief van stapel gestuur dié jaar.
Die skool bied nou gratis 'ontwikkeling'-sessies vir die skool se jong leerders op 'n weeklikse basis.
Deur middel van dié sessies, probeer die skool die leerders se fiksheid, konsentrasievermoë, deursettingsvermoë, moed en durf, probleem-oplossing, spierontwikkeling, hand-oog-koördinasie, dissipline, balans en stamina verbeter.
Die halfuur-sessies leer die kinders ook om saam in 'n span te werk.
Ouers word aangemoedig om hul kinders te laat deelneem aan hierdie pret aktiwiteit.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'