GRAAFF-REINET NUUS - Ses atlete van Graaff-Reinet het die afgelope naweek aan die Ironman 70,3 in Mosselbaai deelgeneem. Die dorp was verlede jaar ook die gasheer vir die gewilde wedren wat jaarliks talle atlete lok.
Die Ironman 70,3 behels 1,9 km-swem, 90 km-fietsry en 21,1 km-draf.
Die ystermanne en -vroue het hul Karoo taaiheid tydens vanjaar se geleentheid bewys. Met ondersteuning, kameraadskap en uithouvermoë wys hierdie plaaslike atlete duidelik waar Dawid die wortels gegrawe het.
Tanya Fourie
Ses atlete van Graaff-Reinet het die volgende tye behaal:
- Grant Lemke - 5 uur 7 min. Hy eindig ook 81ste uit 1 808 deelnemers en is sesde in sy ouderdomsgroep (M 50- tot 55).
- Dave Neil - 6 uur 10 min
- Elise Steynberg - 6 uur 23 min
- Justin Kingwill - 6 uur 35 min
- Tanya Fourie - 6 uur 48 min
- Malinda Piek - 7 uur 28 min
Van links is Justin Kingwill, Dave Neil en Grant Lemke.
Dave Neil
Van links is Tanya Fourie, Malinda Piek en Elise Steynberg.
Grant Lemke
Elise Steynberg
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’