GRAAFF-REINET - Vier vrouelede van Graaff-Reinet-rolbalklub het van 29 Maart tot 3 April aan die Personal Trust All-Cape-rolbaltoernooi in Paarl en Hermanus deelgeneem.
Helene de Wet, Hannatjie Whitlock, Elna de Klerk en Jean Rosslee het uitstekend gevaar om tweede in hul seksie te eindig.
Hulle het hul wedstryde in Paarl gespeel en daarna na Hermanus gegaan vir die kwarteindronde van die plaatkompetisie, maar is met 20 - 11 uitgeskakel.
Die wenspan van die toernooi is die Durbanville-span met Maggie van Zyl as skipper. Hulle het ook in 2017 sowel as verlede jaar gewen. Die volgende kompetisie is die gemengde pare by Graaff-Reinet-rolbalklub op 15 en 16 April.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’