GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet se hokkietrots, Sulette Damons en Cornelle Holtzhausen (néé Botha), het tydens die pas afgelope interprovinsiale dames hokkietoernooi in Durban, behoorlik die doele ingeryg.
Beide die spelers, wat Suid-Afrika al telkemale as deel van die Protea-hokkiespan verteenwoordig het, het ses doele tydens dié toernooi aangeteken.
Slegs een minder as Protea-speler, Dirkie Chamberlain, wat met sewe doele die meeste punte tydens die toernooi aangeteken het.
Sulette is ‘n oud-leerling van Union en Cornelle van Volkskool.
Die twee spelers se merkwaardige prestasies in dié sportsoort is ‘n groot aansporing vir die jong hokkiespelers van Graaff-Reinet.
Cornelle sal ook as afrigter optree by die Karoo Hokkieskool se hokkie-kliniek wat vanaf 13 tot 14 Julie in Graaff-Reinet aangebied gaan word.
Cornelle Hotzhausen in aksie in die Vrystaat.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'