GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet se rolbalspelers het behoorlik die afgelope ruk as wenners uit die stryd getree.
Drie lede van Graaff-Reinet-rolbalklub, Arthur Langley, Charlene Colyn en Helene de Wet was die afgelope naweek genooi om in die OP-meesters in Gqeberha deel te neem.
Arthur Langley en Charlene Colyn het albei bronsmedaljes gewen.
Die Midlands Trips-kompetisie is ook onlangs in Graaff-Reinet gehou en die mans- en vroueafdelings is deur Graaff-Reinet-spanne gewen.
Charlene Colyn in aksie by die OP-meesters.
Arthur Langley (skip), Niel Colyn (lead), Deon Matthee (second) en Wally Koetaan (Midlands President).
Helene de Wet hou die bal stip dop.
Arthur Langley konsentreer hard.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'