KAROO NEWS - Kroonvale Primêr en Graaff-Reinet Primêr, met Kroonvale as gasheer, het van Woensdag, 28 Augustus, tot Saterdag, 31 Augustus, hul vierde interskole aangebied.
Graaff-Reinet Primêr het met 18 - 14 as wenners uit die stryd getree. Daar is in krieket, skaak, tafeltennis, landloop, hokkie, netbal en rugby meegeding.
Graaff-Reinet Primêr het die krieket, skaak, tafeltennis en rugby algeheel gewen. Kroonvale kon daarin slaag om die landloop, hokkie en netbal te oorheers. Die skaak het hulle met 34 - 14 gewen.
Op die tennisbane het Kroonvale met 12 - 24 die knie gebuig voor Graaff-Reinet.
Kroonvale se atlete was egter die beste op die landloopbaan, en het met 41 - 7 voor gedraf. So het Kroonvale met 'n 3 - 1 oorwinning ook die beste op die hokkieveld vertoon.
Die netbaltellings was (Kroonvale / Graaff-Reinet): o.7: 0 - 3, o.8: 4 - 2, o.9: 3 - 4, o.10: 5 - 4, o.11: 4 - 10, o.12: 7 - 6 en o.13: 23 - 20.
Graaff-Reinet se o.13-rugbyspan het sy skool trots gemaak, en met 31 - 22 as wenners van die veld gestap.
Die ander rugbytellings was (Kroonvale / Graaff-Reinet): o.7: 25 - 15, o.8: 15 - 25, o.9: 5 - 14, o.11:10 - 12 en o.12: 38 - 10.
Kroonvale Primêr was die algehele wenners van die netbal.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'