GRAAFF-REINET NUUS - Drie gimnaste van Hoër Volkskool het tydens die Junie-vakansie aan die jaarlikse South Zone kompetisie in Uitenhage deelgeneem.
Jana Neethling, Sophia Lou en Zoe Hattingh, al drie in Graad Agt, het die Sarah Baartman (Cacadu-distrik) verteenwoordig.
Dáár was deelnemers van oor die Oos-Kaap, Westelike Provinsie, Boland, Noord-Kaap en Suid-Kaap.
Die drie plaaslike sportsterre het elk ’n silwer medalje verower as vlak een gimnaste.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'