GRAAFF-REINET — Verlede Vrydag, 20 Oktober, het Hoër Volkskool die eerste van hopelik menige pret hokkie-sewestoernooie, by die Union Astro aangebied.
Vyf spanne het mekaar aangepak deur elk ‘n poel wedstryd teen mekaar te speel, waarna die top vier spanne mekaar in die halfeind-ronde aangepak het.
In die finaal het die twee wenners van die hafeind-ronde mekaar in ‘n titaniese stryd aangesê.
Die toernooi word toe onverwags gewen deur die 'No Names'-span wat bestaan het uit Graad 11-seuns en -dogters van Hoër Volkskool.
Toeskouers het hulself gate uit geniet en hul goed laat hoor op die pawiljoene om seker te maak dat almal op en rondom die veld weet vir wie hulle ondersteun.
Die dag was toe heerlik afgesluit met ‘n lekker ete by die Volksie van Hoër Volkskool.
Die organiseerders sien uit na die volgende toernooi wat in 2018 aangebied gaan word, en hoop om nog baie meer mense daar te sien.
Verlede Vrydag, 20 Oktober, het Hoër Volkskool die eerste van hopelik menige pret hokkie-sewestoernooie, by die Union Astro aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'