SPORTNUUS - Rolbalspelers van heinde en ver, altesaam 56 spelers, het die naweek van 12 en 13 Mei in Hofmeyr bymekaargekom om aan die jaarlikse gemengde rolbaltoernooi deel te neem.
Spelers het die koue trotseer en Vrydag die toernooi in 'n koue wintersonnetjie aangepak.
Saterdag was die baan deurdrenk nadat 20 mm reën deur die nag geval het.
'n Stormsterk wind en lae sigbaarheid het die toernooi tot 'n halt geroep.
Top-3
- Wayne Porter (Tarkastad - eerste)
- Shaun Vermaak (Hofmeyr - tweede)
- Carl Vermeulen (Graaff-Reinet - derde)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’