HOKKIENUUS - Graad 9-leerder, Luan Hanekom, was die afgelope vakansie op 'n avontuur soos min.
Into Africa Sports-reisgroep het verskeie hokkiespanne na Nederland laat toer. Luan was deel van die o. 19 Elsie Coetzer-seunsspan.
Tydens die toer het hul vier intensiewe oefensessies met Nederlandse afrigters gehad en ook drie wedstryde gespeel.
Tussendeur kon hul darem ook bietjie die stad verken en het gaan kyk hoe lyk Amsterdam en Utrecht.
Die spanne het ook die bekende speelpark, Efteling, gaan besoek en het omtrent herinneringe bymekaar gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’