GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Nege atlete van Lingcom Primer het op 23 Februarie by die Sarah Baartman-atletiekbyeenkoms in Gqeberha deelgeneem.
Drie van die nege atlete het puik presteer en vier medaljes verower.
Seuns
- Daniello Saptou wen goud in die 1 200 m in die o.12-groep.
Dogters
- Faith Goliath eindig eerste in die 1 200 m vir o.12, terwyl Bronwyn Lottering silwermedaljes verower in beide die 80 m en 100 m naelloopitems.
Baie geluk aan al die atlete wat deelgeneem het. Die skool en gemeenskap is trots op julle.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'