GRAAFF-REINET NUUS — Verlede week het die lede van die Merino Posduifklub hul moeilikste wedvlug vir die seisoen beleef.
'n Wedvlug vanaf Bredasdorp was vir die naweek beplan, maar toe ongunstige weer dit nie toelaat nie, is die lede genoodsaak om weer vanaf Ceres te vlieg.
En wat ‘n moeilike vlug was dit nie.
Die stormsterk oostewind wat in die binneland gewaai het en die reën en wolke oor en om Graaff-Reinet het gesorg dat slegs die room van al die duiwe in dié slegte toestande hul hokke op die dag kon bereik.
Dertien duiwe het dit reggekry om hul huise voor donker op Saterdag te bereik - hiervan was het vyf aan Garth Heunis behoort, drie aan Petrie Maré, drie aan David Hampton, en een elk aanr JR Marais en Pierre Els.
Die ander duiwe het eers op Sondag begin arriveer.
Alle klubs en Unies het hierdie Saterdag soos die berigte ontvang was baie harde wedvlugte beleef. Volgende naweek vlieg die klub weer vanaf Laingsburg.
Die volledige uitslae is as volg:
Ope-afdeling:
Garth Heunis A: 1, 16, 20, 22, 23 en 29. Karoo Hokke: 2, 3 en 5. David Hampton: 4, 6, 8, 11 en 13. Garth Heunis B: 7, 9, 24 en 26. Pierre Els: 10, 25 en 30. JR Marais: 12, 18, 21 en 28. Oswald van Gent: 14. George du Plessis: 15 en 17. Anton Everson: 19 en 27.
Jaaroud-afdeling: (Slegs 28 geklok)
Garth Heunis B: 1, 25 en 28. Garth Heunis A: 2, 6, 8, 10, 14, 17 en 20. JR Marais: 3, 11 en 22. David Hampton: 4, 9, 15, 16 en 27. Anton Everson: 5. Pierre Els: 7, 23 en 24. Karoo Hokke: 12, 19 en 21. Oswald van Gent: 13 en 26. Blignaut Hokke: 18.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'