HENGELNUUS - Die afgelope week het twee spanne van Eden-varswaterhengel aan die SA kampioenskappe te Bamboesspruit, Bloemhof, deelgeneem.
Daar was 14 unies teenwoordig, wat uit 'n A- en B-afdeling bestaan het met ses hengelaars per span.
Eden het daarin geslaag om 'n algeheel 3de plek in die A-afdeling en 2de plek in die B-afdeling te behaal.
Dit is 'n uitmuntende prestasie, veral omdat die hengelaars slegs 23 dae het om te oefen.
Enrico Kruger het uitgeblink deur twee eerste plekke in sy onderskeie sones te kry en algeheel 4de te eindig in die A-afdeling,
Ashandren Pillay van Eden A spog met 'n pragtig hoeveelheid vis wat hy op dag een gevang het.
Bernie Keown van Eden B sit met 'n reusesak vis wat hy op die 2de hengeldag gevang het.
Dis die eerste keer dat 'n kusprovinsie so goed doen by die nasionale toernooi. Al die hengelaars is uitgenooi om aan die nasionale proewe deel te neem om vir Protea-kleure in aanmerking te kom.
Die spanne sal later die maand bekend gemaak word.
Eden B-span is van links: Bernie Keown, Edwin Barnard, Andries Smit, Gert van der Merwe en Bartho Goodwin
Eden A-span is van links: Jaco Goodwin, Enrico Kruger, Jaco Nel, Adele Conradie, John Louis van Zyl, Ashandren Pillay en Marius Nel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’