Video
GRAAFF-REINET SPORT NUUS EN VIDEO - Victorian Square, PG Glass en Factory Shop is die enigste onoorwonne spanne na die derde ronde van die Graaff-Reinet-rolbalklub se besigheidsligakompetisie verlede Donderdagmiddag.
Met net nege skote verskil tussen hierdie spanne en slegs twee rondes oor, is dit 'n geval van uithaal en wys om hoër te eindig in hierdie prettoernooi.
Vyf spanne voer die stryd aan om die houtlepel, met geen oorwinnings en 18 skote verskil tussen hulle.
Top 10
Victorian Square 6 + 16; PG Glass 6 + 13; Factory Shop 6 + 7; BKB lê vierde met 5 + 5; Midboard 5 + 1; Care Centre beklee die 6de plek met 4 + 29; alhoewel Top Spinners meer wedstrydpunte het op 5 + 1.
(Hierdie situasie is om te keer dat spanne week in en week uit teen mekaar speel na 'n gelykopuitslag.) Die 8ste plek hoort aan Profcon 2 met 4 + 22, gevolg deur Botha's Garage op 4 + 21 en in die 10de plek is Nel Boerdery op 4 + 13.
Movers en shakers
Big 5 en Spar het met 11 posisies opgeskuif, terwyl HVS (-13) en ATKV (-11) die meeste plekke afgestaan het.
Die voorlaaste ronde word vanmiddag, Donderdag 23 Februarie, gespeel.
VIDEO - Twee weke maak 'n groot verskil! Eddie Brett-Rite het van die rolbalaksie in die tweede rondte op 9 Februarie op Kingwillbaan tussen Octofin en PG Glass - toe die twee topspanne - vasgevang. Die balle sal vanmiddag, 23 Febraurie, weer rol met Victorian Square wat op die oomblik eerste lê en PG Glass tweede (Video: Eddie Brett-Rite).
Out of Africa... Shawn West speel in leiposisie vir die span van Botha's Garage. Foto's: Eddie Brett-Rite
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'