KAROO NUUS - Hoër Volkskool spog met 'n splinternuwe astrohokkiebaan. Om dit te vier het hulle Saterdag 8 September die vyf skole genooi om die eerste wedstryde daarop te kom speel.
Die wedstryde het agt deelnemers aan 'n kant gehad met 'n vyfminute breuk.
Resultate:
- Eerste plek - Hoërskool Union
- Tweede plek - Hoër Queenstown Meisieskool
- Derde plek - Hoër Volkskool (eerste span)
- Vierde plek - Hoërskool Burgersdorp
- Vyfde plek - Hoërskool Cradock
- Sesde plek - Hoër Volkskool (tweede span)
- Sewende plek - Hoërskool Knysna
- Agtste plek - Hoër Volkskool - (derde span)
Op 'n ligter noot
Hoër Volkskool se eerste span hokkiedogters het Saterdag
8 September hul pa's die stryd aangesê vir 'n vriendelike spel op dié nuwe astrohokkiebaan. Die pa's het nie teruggestaan vir hierdie uitdaging nie en opgedaag in volle vors, sonder mondskerm en sonder enige beskerming - behalwe vir die doelwagter en die afrigter. Dit het gesorg vir baie lag oomblikke, met 'n paar pa's wat hier en daar geval het, maar het die kommentaar van sommige toeskouers, "jinne hulle speel darem nie te sleg nie", mens moed gegee dat hulle dit darem sou maak.
Die dogters het die spel baie geniet en die pa's nie 'n blaaskans gegee nie. Die eindtelling, met 'n wedstryd wat streng en volgens reëls geblaas is, was vier elk. Alhoewel die pa's 'n groot lawaai opgeskop het dat hulle eintlik 5 - 4 gewen het.
Die pa's koukus oor hulle vernuftige taktieke.
Stokke klap tussen Queenstown en Cradock op die Astro.
Die nuwe Astrobaan pronk in die oggendson. Foto: Jan-Hendrik Swiegers
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’