GRAAFF-REINET NUUS - Die Theron-boeties van Graaff-Reinet het onlangs geskitter op hulle grasperk in die Karoo-dorp, waar hulle deelgeneem het aan "inperking-naellope".
Die drie sibbe is lief vir rondhardloop, en was gunstelinge om in hul verskeie afdelings te wen. Petrus het uitgedraf in die o. 7-kategorie, Jaco in die o. 4-kategorie, en klein Hannes het sy debuut as mededingende atleet gemaak in die o. 2-afdeling.
Weens die inperking kon die aktiewe boeties natuurlik nie saam met maats hardloop nie, en al drie broers het 'n eerste plek op die podium behaal.
Die Theron-broers se maatjies beter opskud; na inperking hardloop hierdie boeties almal weg.Kyk hoe vinnig is ons! Jaco, Hannes en Petrus Theron in aksie.
How is your family staying fit during lockdown? Send your photos and information to paula@groupeditors.co.za
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'