GRAAFF-REINET NUUS - Wian en Eben Lotter, albei leerders van Laer Volkskool, het verlede Saterdag aan die AGA Oos-Kaap-boogskietkompetisie deelgeneem en puik gevaar.
Wian het goud losgeskiet en Eben silwer in die afdeling vir laerskoolseuns. Die kompetisie is deur Hoër Volkskool se boogskietklub aangebied.
Die uitslae is soos volg:
Kolskoot
- Wian - 253/300 (goud)
- Eben - 213/300 (silwer)
3D-afdeling
- Wian - 202/300 (goud)
- Eben - 169/300 (silwer).
Wian (links) en Eben Lotter het by die Oos-Kaap-boogskietkompetisie puik gekorrel en onder-skeidelik goud en silwer gewen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'