GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Die Midland Masters-rolbaltoernooi vir mans en vroue het op 8 en 9 Oktober in Graaff-Reinet plaasgevind.
Mans en vroue van Middelburg, Cradock, Somerset-Oos en Graaff-Reinet het deelgeneem.
In die vrouefinaal het twee Graaff-Reineters, Charlene Colyn en Helene de Wet, teen mekaar te staan gekom en De Wet het weggestap as die Midland Masters se topvrou.
In die mansfinaal het Eric Louw en Johan van Onselen, beide van Middelburg, kragte gemeet met Louw wat die Midland Masters-trofee omhoog kon hou.
Wally Koetaan, president van die Midland-streek oorhandig die skild aan Eric Louw. Foto's: Bradley Rawlinson
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'