GRAAFF-REINET NUUS - Daniel Goliath, verbonde aan Laer Volkskool in Graaff-Reinet, het tydens die onlangse vakansie, deur Atletiek Suid-Afrika (ASA), 'n Vlak 1 afrigtingskursus bygewoon.
Om 'n paar dae van jou vakansie af te staan om eksamen te skryf is nie iets wat altyd met 'n blymoedige hart gedoen word nie, maar Goliath het dit met ywer aangepak om te verseker dat dié skool se atlete die beste moontlike afrigting ontvang.
Die kursus word deur top afrigters uit die Suid-Afrikaanse atletiekkringe aangebied en het Goliath dit baie insiggewend gevind.
Goliath het die nodige eksamens suksesvol afgelê wat beteken dat hy nou met 'n ASA Vlak 1 afrigter-kwalifikasie spog.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'