NETBAL NUUS - Die seniorspanne van Graaff-Reinet se Birds United- en Central-netbalklubs het verlede Sondag aan die laaste ronde van die Twizza-liga in die Sarah Baartman-distrik deelgeneem.
Hulle het teen die twee topspanne van die Kouga-, Koukamma-, Ndlambe- en Sondagsriviervallei-munisipaliteite meegeding om te bepaal wie die distrik se twee topspanne is wat aan die provinsiale Twizza-toernooi sal deelneem.
Central wen Hankey Town met 17 - 7, en Humansdorp se Poison Ivy met 15 -13. Hierdie punte het hulle plek in die provinsiale Twizza-toernooi verseker.
Birds United het ongelukkig albei hul wedstryde verloor en in die vierde plek geëindig.
Die provinsiale Twizza-toernooi sal op 19 Augustus in Oos-Londen plaasvind waar Central teen die topspanne van al die ander distrikte in die Oos-Kaap te staan sal kom.
Die wenner van hierdie toernooi sal as die topspan in die provinsie aangewys word.
Graaff-Reinet se Central-netbalspan gaan provinsiaal meeding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’