GRAAFF-REINET NUUS — Boogskieters van skole in Oos-Londen, Port Alfred, Port-Elizabeth en Graaff-Reinet het verlede Sater-dag aan 'n kompetisie by Port Alfred Hoërskool meegeding.
In die Bullseye-kompetisie het Hoër Volkskool 'n eerste span-posisie behaal met 'n totaal van 2954 punte.
Die tweede plek is deur Port Alfred Hoërskool ingeneem met 2626 punte.
In die seuns-afdeling het Jaco van Loggerenberg van HVS 'n brons medalje in die Bullseye-kompetisie verower terwyl Casper Bekker 'n silwer medalje in die 3D-kompetisie gewen het.
Onder die meisies het Juryna Fourie 'n brons medalje in die Bullseyekompetisie verower en 'n goud in die 3D-kompetisie.
Sy het is dan ook as die kompetisie se beste skut tussen die deelnemende meisies vereer met 'n trofee.
Juryna Fourie van Hoër Volkskool is vereer met 'n trofee as die boogskietkompetisie se beste skut onder die deelnemende meisies.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'