GRAAFF-REINET NUUS - Leerders van Hoër Volkskool het onlangs aan die interskole-boogskietkompetisie in Uiten-hage deelgeneem. Die kompetisie het op Daniël Pienaar se velde plaasgevind.
Skuts van Hoër Volkskool, Daniël Pienaar, Susanna Fourie, Global Academy van Jeffreysbaai, Soulpoint Archery en Kwagga-boogskietklub het meegeding.
Volkskool se uitslae was as volg:
Kolskoot
• Mathys Oberholzer ontvang 'n gouemedalje en John Read 'n silwermedalje in die hoërskool seunsafdeling.
• Annelie Pieterse ontvang goud in die hoërskool dogtersafdeling.
3D
• Mathys Oberholzer ontvang 'n gouemedalje en Fredie van der Mescht 'n silwermedalje in die hoërskool seunsafdeling.
• Annelie Pieterse ontvang goud in die hoërskool dogtersafdeling.
Carol Cronjé (afrigter), wat in die Adult Archery Group-ouderdomsgroep deelgeneem het, het ook in die Kolskoot- en 3D-afdelings silwermedaljes ontvang.
Annelie Pieterse is aangewys as die topskut van die dag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'