GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Die uiters gewilde besigheidsrolballiga word op Donderdag 17 Februarie by Graaff-Reinet se rolbalklub hervat en sal tot 17 Maart duur.
Alle wedstryde op Donderdagaande begin om 17:30 en die inskrywingsgeld per span beloop R450.
Weens die gewildheid van dié liga kan net 'n beperkte getal besighede deelneem. Belangstellendes moet dus wikkel as hulle wil inskryf.
Vir enige navrae bel Priscilla by 076 011 7784 of vir Niel Colyn by 083 461 5667.
Presies waarna mik ons nou?
Hou net links en gaan regs verby, beduie Charlene Colyn (links) aan 'n speler.
Dis die sosiale kant van die besigheidsrolbal wat die grootste aftrek kry.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'