GRAAFF-REINET NUUS — Die afgelope naweek het die jaarlikse netbal-interskole tussen Hoër Volkskool en Gill College in Somerset-Oos plaasgevind.
Hoër Volkskool se netbalspeelsters het hul harte uit gespeel en die dag algeheel gewen met ‘n telling van 4-2.
Die uitslag van die wedstryd tussen die tweedespanne was 28 - 4 in Volkskool se guns.
Die O.16A-span van HVS het ‘n groot oorwinning behaal deur hul wedstryd 41 - 0 te wen.
Die O.16B-span het egter 12 - 13 terwyl die O.14A-span 12 - 9 gewen het en die O.14B-span 7 - 9 verloor het.
Met die eerste span se wedstryd was die telling 7 elk na die eerste kwart en moes HVS hul opsies begin oorweeg.
Die speelsters het daarna hul ritme gekry en het al meer gemaklik begin speel.
Die wedstryd eindig met ‘n oortuigende telling van 35 - 15 in Hoër Volkskool se guns.
Die rugbyspanne het saam met die netbal gereis na Gill en het gemengde welslae behaal.
Die eerstespan verloor hul wedstryd 19 - 37, die tweede span verloor ook 10-22, die O.16-span wen 19-12, die O.15-span wen 20 - 15 en die O.14’s wen 14-10.
In die hokkie wedstryde teen Gill verloor die eerstespan 0 - 4, terwyl die tweedespan 2 - 0 wen en die O.16A-span gelykop speel met ‘n telling van 1 elk.
Hennie van Rooyen (skoolhoof), Henriette Malan (afrigter), Marichen Piek, Lara du Plessis, MarykeBadenhorst, Madel Piek (k), Danielle Nel (o/k) Elbe van der Merwe, Abeedha Masimla, KarishneKlerk, Lykita Koeberg en Mia Dörfling.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'