GRAAFF-REINET NEWS — Die lede van Graaff-Reinet se Merino Posduifklub het Saterdag, 3 Junie, ‘n vinnige wedvlug vanaf Warrenton beleef, toe hul vlieërs die afstand van 460km in net oor die vier ure afgelê het.
Van die lede was nog tussen die kospotte, ander nog in die dorp, terwyl ‘n paar gesoute lede reg was vir die duiwe by hul hokke toe die sterk Noordweste-wind die duiwe teen meer as 1800 meter per minuut in 'n japtrap by die huis gehad het.
Garth Heunis het sy goeie uitslae van verlede naweek se oefenvlug byna herhaal, veral in die Jaaroud-afdeling waar 23 van die eerste 30 plekke aan Heunis se vlieërs behoort het. In die Ope-afdeling het sy twee spanne duiwe hom 11 plekke besorg.
Eugene Mackelina het, met sy eerste wedvlug as deel van die klub, onder die top 10 geëindig toe hy ‘n sesde plek verower het.
JR Marais en George du Plessis het ook uitstekende plekke behaal soos Pierre Els ook in die Ope gedoen het. Eerskomende naweek is dit weer vanaf Warrenton met die weer voorspelling wat weer ‘n vinnige wedvlug vir die lede van die Merino Posduifklub aandui.
Die volledige uitslae is as volg:
Ope-afdeling:
Pierre Els: 1, 5, 11, 12, 21, 23, 24, 26 en 29. Garth Heunis A: 2, 7, 25, 27 en 28. Garth Heunis B: 3, 4, 8, 9, 19 en 22. Eugene Mackelina: 6. JR Marais: 10, 13, 14, 15 en 16. George du Plessis: 17, 18, 20 en 30.
Jaaroud-afdeling:
Garth Heunis A: 1, 3, 5, 6, 9, 13, 14, 17, 20, 25, 26, 27 en 28. Garth Heunis B: 2, 4, 7, 8, 10, 15, 16, 18, 19 en 21. Pierre Els: 11 en 22. Willie Vers: 12. George du Plessis: 23, 24 en 29. Blignaut Hokke: 30.
‘Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus’