MURRAYSBURG NUUS — Weer eens het fietse van heinde en verre die pas afgelope naweek bymekaar gekom in Murraysburg, vir die jaarlikse 'Sneeuberg Crawl'.
Alhoewel uiters hoë temperature voorspel is vir die dag, het ‘n groot aantal ryers ingeskryf. Die dapperes wat die 100km aangedurf het, het eerste vertrek. Daarna het die korter afstande gevolg. Die laaste paar jaar is daar gereeld aanpassings aan die100km roete gemaak. Dit behels dat meer teer weggevat word en meer veldpaaie ingebring word. Hierdie keer was geen uitsondering en die fietsryers was in hulle element met die toevoeging van die nuwe stuk pad.
Vanjaar was vir elke fietsryer opmerklik dat Murraysburg ook in die greep van droogte is. Hulle het almal spesiale melding gemaak van die yskoue water by al die waterpunte. Dit was baie welkom in temperature van 40°Celsius of meer. Groot dankie aan almal wat die waterpunte beman het.
Hulde is gebring aan Danie (Dammetjie) Rossouw tydens die prysuitdeling. Hy was ‘n lojale ondersteuner en deelnemer aan die jaarlikse” Crawl”. Hy het gereeld die prys gewen as oudste Murraysburg-deelnemer. Hierdie jaar het sy weduwee, Lena Rossouw, sy fiets geskenk aan die 'Crawl', waarna die fiets opgeveil is. Paul Avenant, skrywer van die boek 'Koedoe' , het tydens die prysuitdeling ‘n eksemplaar van die boek ter nagedagtenis van Rossouw aan Lena geskenk,
Veral verblydend vir die organiseerders is die groot aantal jong kinder deelnemers op die dag. Die organiseerders wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om al die borge te bedank. Die hoofborg, FAL (Paul Zietsman, Charles Snyman en Thomas Bester), is al vir 18 jaar die 'Crawl' se borg. Dit is voorwaar ‘n gewaardeerde verhouding.
Die wenners is as volg:
In die 100km mansresies het JP Minnie oorwin gevolg deur Christo Roos in die tweede plek en Devrin Muir in die derde plek. Onder die vrouens het Tanya Kirstein, gevolg deur Maritza de Klerk en toe Olivia Moolman oor die wenstreep tydens die 100km-resies getree.
In die 50km-resies het GW Lund die mansafdeling gewen, gevolg deur Jorrie Jordaan en Wybrand Marais. In die dames-afdeling het Abigail Rosenstraudt geseëvier, gevolg deur Bronwen Langmead en Chanel van Solms.
In die 32km-resies het Japie Buckle onder die mans koning gekraai, gevolg deur Brent Hesselink en Hardus Theron. Onder die dames het die eerste plek behoort aan Wilmar Pienaar, gevolg deur Mariaan Buckle en Renée Swanepoel.
Die eerste Murraysburg-man was Jaco van der Berg en die eerste Murrtaysburg-vrou Wilmar Pienaar, terwyl die jongste Murraysburg deelnemer Petri Reynolds (7) was en die oudste André Lourens.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'