GRAAFF-REINET NUUS — Verlede Donderdagaand, 24 November het die lede van die Kamdeboo Posduifklub in Graaff-Reinet hul prysuitdeling gehou, maar eintlik was dit die Jonty's aand gewees!
Adrian Luis se hokke - Jonty's, het die volgende trofeë gewen: Klub Kampioen; Jaaroud Kampioen; Beste Jaaroud duif; Beste Ope Duif; Beste Klub duif; Noordpad Kampioen; Suidpad Kampioen; Langpad, Middelpad en Kortpad Kampioen, gekoppel met 16 wedvlug wenresultate vir die seisoen, plus Luis het ook die stadigste wentyd agter sy naam geplaas.
Jonty's se Jaaroud Kampioenduif - ZAGHT 0035 het aan sewe wedvlugte deelgeneem en die volgende uitstekende resultate behaal: wen vier wedvlugte; eindig ook tweede, vierde en sewende. Sowaar puik!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'