GRAAFF-REINET — Die SA Saalperd-kampioenskap het plaasgevind vanaf 24 tot 29 April in Bloemfontein.
Talle van Hoër Volkskool se leerders is perdeliefhebbers en het die skool se ruiters in verskeie afdelings presteer.
Die verskillende ruiters het soos volg presteer:
Zanki Botha
Zanki Botha neem deel in vyf klasse en eindig derde in die 3-gang Kinderryperd Ruiters 14 jaar en onder, vierde in die 3-gang Kinder Parkperd Ruiters 14 jaar en onder, sesde in die 5-gang Kinderryperd Ruiters 18 jaar en onder, vierde in die 5-gang Kinderruiter 14 jaar en onder en vyfde in die 3-gang Kinderruiters 14 jaar en onder.
Marichen Piek
Marichen Piek neem deel in een klas en kom vierde in die 3-gang Ruiterkuns Ruiters 16 jaar en onder.
Madel Piek
Madel Piek neem deel in drie klasse en kom derde in die Plesierperd Kindersiertuig, vierde in die 3-gang Natuurlike Maanhare en Stert Ruiters 18 jaar en onder en agste in die 3-gang Kinder Parkperd Ruiters 18 jaar en onder.
Marnie van der Merwe
Marnie van der Merwe neem deel in twee klasse en behaal die sewende plek in die 5-gang Plesierperd Ruiters 14 jaar en onder en die sewende plek in die 3-gang Ruiterkuns 14 jaar en onder.
Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus