GRAAFF-REINET NUUS— Die Touwsrivier-wedvlug oor ‘n afstand van 440km het veral vir David Hampton en sy duiwe baie goeie resultate opgelewer.
Hy het in beide in jaaroud - en ope-wedvlugte ‘n hele rits plekke gevat onder die eerste 10 van die Merino Posduifklub.
Dit was egter die veteraan Pierre Els wat die jaaroud-vlug gewen het met ‘n duifie wat vier minute voor dié van Hampton - wat die tweede tot sesde plekke ingeneem het - tuis gearriveer het.
In die Ope-wedvlug het Karoo Hokke van Petrie Maré gewen met George du Plessis in die tweede plek en Pierre Els derde waarna Hampton die volgende sewe posisies ge-eis het.
Die top 4 manne in die Klub kuil mekaar behoorlik op vir die Kampioenskaps-titel!
Die volledige uitslae is as volg:
JAAROUD
Pierre Els: 1, 11, 12, 13, 15, 16, 21, 24 en 26. David Hampton: 2, 3, 4, 5 en 6. George du Plessis: 7 en 30. JR Marais: 8, 9 en 10. Karoo Hokke: 14, 17, 19, 20, 22, 23, 27 en 28. Garth Heunis Lofts: 18 en 25. Anton Everson: 29.
OPE
Karoo Hokke: 1, 20, 21, 24, 25 en 29. George du Plessis: 2, 11 en 30. Pierre Els: 3, 12, 13, 14, 15, 16 en 18. David Hampton: 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10 en 17. Garth Heunis Lofts: 19, 22, 23, 26, 27 en 28.
PUNTESTAND NA DIE TOUWSRIVIER WEDVLUG:
1. Pierre Els (709 punte), 2. Karoo Hokke (597 punte), 3. Garth Heunis Lofts (542 punte) 4. David Hampton (537 punte) 5. Die Kurunauts (306 punte) 6. George du Plessis (179 punte) 7. JR Marais (155 punte), 8. Anton Everson (74 punte) 9. Mervin Rockman (37 punte) 10. Benitos (31 punte) 11. Melbourne Hokke (21 punte) 12. PC Greeff (3 punte).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'