GRAAFF-REINET NUUS - Die swemseisoen staan amper einde se kant toe en ses Laer Volkskool-leerders het gister tydens opening half-erekleure vir swem ontvang.
In die interdistrikte afdeling is die vereiste dat die leerders aan meer as een individuele slag deelneem en ook aan die aflosse.
Die volgende leerders het gekwalifiseer: Zenicke van Schalkwyk, Markus van der Ahee, Uné Groenewald, AW Lambrechts en JJ van Schalkwyk.
Annabelle Kruger het deelgeneem aan die SA vlak-2 gala en dus verdien sy ook half-erekleure vir swem.
Baie geluk aan al hierdie swemmers.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'