GRAAFF-REINET NUUS - Die Hoër Volkskool, sowel as die dorp, is vreeslik trots op talentvolle netbalspelers Dehana van der Merwe, Caryn Swartz, Lykita Koeberg, Maryna Nell en Linda Lötter.
Al vyf hierdie o.18-sportsterre is gekies om die Oos-Kaap tydens die Junie-skoolvakansie by die Interprovinsiale-toernooi in Boksburg, Johannesburg, te verteenwoordig.
Volksies netbalsterre Dehana van der Merwe, Caryn Swartz, Lykita Koeberg, Maryna Nell en Linda Lötter.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'