WILLOMORE NUUS - Die jaarlikse Karoo Engen Classic-gholfdag, geborg deur Zaayman Garage, het weer 'n vol veld getrek met 52 spelers wat die dag afgeslaan het.
Spelers het van Gqeberha, Mosselbaai, Beaufort-Wes (8), Uniondale, Oudtshoorn, Rietbron en Baviaanskloof gekom om deel te neem.
'n Lastige windjie en mistige speeltoestande het beslis nie hul entoesiasme gedemp nie.
Een van Suid-Afrika se voorste gholfspelers, Louis Oosthuizen, het twee beffies (bibs) geskenk wat sy baljoggies dra by groot toernooie waaraan hy deelneem. Sy gereelde joggie, Wynand Stander, het die beffies gebring sodat dit opgeveil kan word ná afloop van die Karoo Engen Classic.
Die opbrengs van die dag was alles ten bate van die Willowmore-gholfklub.
'Ons bring jou die nuutste Willowmore, Karoo nuus'