GRAAFF-REINET GHOLFNUUS - Dit wou voorkom of die hitte en die kort vakansie die spelers verlede Saterdag effe van die gholfbaan af weggehou het.
Die gholfuitslae van verlede week se klubkompetisies in Graaff-Reinet was as volg:
Woensdag IPS:
1. J Wagener (34) 2. Z Ferriera (34). 3. A Olivier (34).
Saterdag IPS:
1. Y Drummond (36) 2. NJ Arnoldi (36). 3. B Weyer (36).
Afslaantye vir Saterdag (medal) se kompetisie is van 08:00 - 09:00 en die middag van 12:00 af. Vierballe kan inskryf, maar die klub kan spelers indeel om 'n vierbal vol te maak.
Die gewone klubkompetisies vir Woensdae en Vrydae (Sundowner) gaan voort soos normaal.
Die Kapenaar Renier Venter kap sy bal uit die ruveld. Hy het die naweek by sy swaer, NJ Arnoldi, kom inloer en van die geleentheid gebruik gemaak om Graaff-Reinet se gholfbaan uit te toets.
Devan van Rooyen kielie sy bal oor die watergat se riete op die 18de putjie.
NJ Arnoldi mag maar 'n bal moker.
Dawie van Rooyen volg sy afslaan op die 16de putjie.
Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'