GRAAFF-REINET GHOLFNUUS - Die 18-jarige Jean-Louis du Plessis het sy tweede klubtitel gewen toe hy Graaff-Reinet-gholfklub se klubkampioenskappe ingepalm het.
Du Plessis, 'n gr. 12-leerder aan Hoër Volkskool, het 'n telling van 281 (sewe houe minder as baansyfer) gewen met ronde tellings van 67, 71, 72 en 71. Hy het dié titel ook in 2019 gewen.
Die B-afdeling is gewen deur Colin Horner en die C-afdeling deur Jacques Wagner. Eddie Nel het in die afdeling vir seniors geseëvier terwyl Charon Wadelow die vroueafdeling gebuit het.
Du Plessis, wie se kop aanstaande jaar na Amerika toe staan om sy gholfloopbaan daar voor te sit, hopelik met 'n universiteitsbeurs, neem van Maandag af in Pretoria by die Waterkloof-gholfklub aan die Suid-Afrikaanse o.19-kampioenskappe deel.
Op dag een het hy een onder baansyfer (72) klaargemaak, maar Dinsdag het dinge bietjie gelol en het hy 'n 76 op sy telkaart ingevul (vier oor baansyfer). Gelukkig het hy die afsnypunt gemaak en sou hy gister (Woensdag) weer 36 putjies gespeel het.
Teen druktyd het ons nog nie sy telling ontvang nie.
Hy is net 14 jaar oud, maar Johndré Ludick het sy potensiaal onderstreep deur derde te eindig in die A-afdeling van die Graaff-Reinet-gholfklub se klubkampioenskappe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'