GRAAFF-REINET NUUS — Graaff-Reinet Primêr bied volgende naweek, op Saterdag 21 Oktober, 'n pret gholfdag by die Graaff-Reinet Gholfbaan aan.
Inwoners word genooi om in te skryf vir die kompetisie wat in 'n beterbal-formaat gespeel sal word.
Die koste beloop R200 per inskrywing wat baanfooie, 'n ete en pryse tydens die aand se prysuitdeling insluit. Groot pryse, waaronder 'n wegbreeknaweek en talle geskenkbewyse, is op die spel.
Die afslaantyd vir Saterdagoggend se spel is om 12:00. Registrasie sal om 11:30 die oggend plaasvind.
Diegene wat belang stel om in te skryf of meer hieromtrent wil uitvind, skakel 083 975 8572 of 071 095 8800.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'