CRADOCK SPORTNUUS - Cradock-gholfklub was die venue vir die Kwagga Classic wat op Saterdag 11 November plaasgevind het.
Dit was 'n baie warm dag van by die 37 grade langs die Visrivier. 'n Totaal van 86 spelers het ingeskryf en deurgaans goeie gholf gespeel.
Jacques Duvenhage en Hansie Diederiks het die eerste plek behaal. Johan de Jager en AJ van der Westhuizen was tweede en Charles Jordaan en Deon Gerber het derde gekom.
Gerber het die prys vir "naaste aan die gat" gewen terwyl Danie Venter die toekenning vir "naaste aan die pen" gewen het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’