GRAAFF-REINET NUUS — Die Pastoriestraat Congregational Kerk bied dié eerskomende naweek, Saterdag, 24 Junie, 'n pret gholfdag by die Graaff-Reinet Gholfbaan aan.
Inwoners word genooi om in te skryf of enige donasie te maak.
Die koste beloop R200 per inskrywing wat baanfooie, 'n ete en pryse tydens die aand se prysuitdeling insluit.
Die afslaantyd vir Saterdagoggend se spel is om 8vm.
Diegene wat belang stel om in te skryf of meer hieromtrent wil uitvind, kan Tercia Moos skakel by 084 607 3661.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'