GRAAFF-REINET SOKKERNUUS - Leven Stars FC, 'n nuutgestigde sokkerspan bestaande uit drie plase se werknemers, het Protea United in 'n spannende wedstryd gewen.
Die span (Leven Stars FC) is saamgestel uit die plase Wheatlands, Longacres en Shirlands. Hul tuisveld is op Wheatlands.
Die wedstryd tussen die twee spanne is in goeie gees gespeel en hulle het repek vir mekaar en liefde vir die sport getoon.
Dit was 'n baie taai wedstryd wat eers na 20 minute in beseringstyd na nege ekstra doelekanse elk in Leven Stars FC se guns beslis is.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'