Gallery
GRAAFF-REINET SOKKER NUUS - Die plaaslike sokkerklub, Protea Spurs, het nie die afgelope Paasnaweek op hul louere gerus nie.
Inteendeel, in 'n poging om dié klub weer op die been te bring het lede en oudlede Vrydagaand, 2 April, die naweek met 'n klere-oorhandigingsgeleentheid vir oudlede afgeskop.
Dié geleentheid is Saterdagoggend vroeg opgevolg met 'n sokkerkliniek waaraan sowat 40 jong seuns tussen die ouderdomme van 7 tot 16 jaar deelgeneem het.
Ná die kliniek is die seuns onthaal met 'n ete, wat deur die plaaslike Spar en Pick n Pay geborg is, en Saterdagaand het Neville D, een van Suid-Afrika se voorste gospelsangers, die gemeenskap met sy sang vermaak.
Fotogalery: Protea Spurs, geniet Paasnaweek op die sokkerveld
Die naweek het Sondag tot 'n einde gekom toe die Spurs Legendes hul staal op die sokkerveld gewys het met 'n wedstryd teen die Umasizakhe Legendes. Spurs het dié wedstryd 3-0 gewen.
Die naweek is op 'n gepaste wyse met 'n jaarvergadering afgesluit waartydens Donald Deysel as die nuwe president van die klub verkies is.
Protea Spurs bedank graag al hul borge, ondersteuners en oudlede vir die geleentheid.
Sowat 40 jong seuns tussen die ouderdomme van 7 tot 16 jaar het verlede naweek aan die Protea Spurs-sokkerklub se sokkerkliniek deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'